Breinbliksem

Sanlam-pryswenner GOUD

Ek maak vir jou die hel oop, lees die SMS wat Chris Burns een reënerige aand in Bloemfontein aan sy pêl Kerbs stuur. Net 'n vingerfout, maar in die loop van die volgende paar dae word dit ’n afgryslike werklikheid.

Sanlam-pryswenner GOUD
"Ek maak vir jou die hel oop," lees die SMS wat Chris Burns een reënerige aand in Bloemfontein aan sy pêl Kerbs stuur. Net 'n vingerfout, maar in die loop van die volgende paar dae word dit ’n afgryslike werklikheid. Burns help vir Kerbs om by sy ma se motor in te breek. Die goed wat hulle steel, gaan verkwansel Kerbs by 'n pandjieswinkel – hulle het die geld nodig vir die BreinBliksem-rockfees wat by die Allemanskraaldam gehou gaan word. 'n Paar dae voor die konsert kry Sky Eyes, hulle ander pêl, 'n epileptiese aanval in die Mystic Boer. Maar Burns weet dadelik dit was méér as net 'n aanval – hy ken vir Sky, hy kan dit in sy oë sien. En dit is ook so – Sky sê hy’t bloed gesien, hulle moet wegbly van BreinBliksem af. Tog vat die drie die N1 Noord na BreinBliksem. Langs die pad tel hulle vir Partygirl op. Sy is ook op pad na die rockfees. Burns en Partygirl “connect” dadelik. Later die aand, alleen in hulle tent, stroop hulle mekaar se klere van hul lywe af terwyl die rock-musiek om hulle weerklink en vasslaan in die vertes. Maar dan gebeur daar iets wat Burns se vertroue in sy pêlle onomkeerbaar skaad en sy hele wêreld op sy kop keer. Want een van hulle kom daardie aand uit die tent met bloed aan sy hande ... En niks is ooit weer dieselfde nie. 'n Voortstuwende Afrikaanse leeservaring wat lesers - jonk en oud - gaan "breinbliksem". "Verfrissende 'hard core'-styl tref" (Die Burger, 15 Oktober 2005).
Wenner van die MER Prys vir Jeugliteratuur 2006.

Author:
Fanie Viljoen
Format:
Paperback

You can request a quote on this product by adding it to your basket

Description

Product details

Author:
Fanie Viljoen
Publisher:
NB Uitgewers / Publishers
Imprint:
Tafelberg
ISBN:
9780624043072
Audience:
Children
Pages:
128
Width (mm):
137
Length (mm):
213
Weight (g):
165

Customer reviews

Be the first to rate or write a review for this product

Your Recent History

Recently Viewed Items