Die Hart Van Ons Huis

Die hart van ons huis, waarin skrywer vertel van haar lewe in Provence. Hulle sal een lang somervakansie onder 'n Van Gogh-son verwag – en dan gaan sy hulle op die mooiste, menslikste manier ontluister: dit word 'n gewone verhaal van gewone mense in 'n gewone huis. Met die lief en leed wat ons almal binne 'n gewone gesin goed ken – en tog bly dit so glamorous!
Author:
Marita van der Vyver
Format:
Paperback

Average customer rating:

  (view reviews)

In stock (Sold by Kalahari)

Delivery time :
Country of origin: South Africa Dispatched within 24 hours (1 working day)
Ships from :
kalahari.com

Now:
R225
eBucks:
eB2 250
Discovery Miles:
2 250

Description

Die hart van ons huis, waarin skrywer vertel van haar lewe in Provence. Hulle sal een lang somervakansie onder 'n Van Gogh-son verwag – en dan gaan sy hulle op die mooiste, menslikste manier ontluister: dit word 'n gewone verhaal van gewone mense in 'n gewone huis. Met die lief en leed wat ons almal binne 'n gewone gesin goed ken – en tog bly dit so glamorous!

Product details

Author:
Marita van der Vyver
Publisher:
Tafelberg Publishers Ltd, NB Uitgewers / Publishers
Imprint:
Tafelberg
ISBN:
9780624049333
Audience:
General
Pages:
220
Width (mm):
137
Length (mm):
213
Weight (g):
220

Customer reviews

Rate or write a review for this product

Koop jou eie

Self met 'n familie wat in die vreemde sit, het my hart erg 'n punt getrek na hulle. Ek kon die boek nie neer sit nie. Marita is een van my gunsteling skrywers in Afrikaans, en hierdie boek het dit net weereens beaam. Haar skryfstyl is gemaklik, en leesbaar - en wil jy nie lees van hoe sy beskryf en verduidelik nie. Van haar ervarings en struwelinge met dit Franse en hul taal tot hul liefde vir kos en administrasie papierwerk! Jy word as te ware deel van hul alledaagse lewe in Frankryk. Veel van my vriende het die boek op my koffietafel gesien en die eerste hoofstuk begin lees: "Ek wil dit leen as jy klaar is" "Aikona", sê ek "Koop jou eie - jy help vir Marieta om haar vensters se hortjies te vervang!"

'n Boer in Provence

Met "Die hart van ons huis" betower Marita van der Vyver weereens haar lesers met haar unieke eerlike styl en humorvolle deernis. Die boek is 'n kykie na haar lewe in 'n Middeleeuse dorpie in die suide van Frankryk - in Kerkstraat (à la Rue de l'Eglise) - saam met haar Franse man Alain en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien: hare, syne, hulle s'n. Hul huis staan oop vir almal en wemel gewoonlik van besoekers - gaste uit die vreemde, of die kinders se maats - en almal eet te heerlik saam (al kla Marita oor die skottelgoed wat geen einde ken nie.) Dié outobiografie is allermins 'n grootpratery oor 'n eksotiese leefstyl in 'n skilderagtige dorpie - dis 'n openhartige tong-in-die-kies openbaring van 'n alledaagse gesin waarmee almal kan identifiseer - met skete en al. Dit is die verhaal van 'n vrou met haar wortels in Afrika en haar "blare en takke" in Frankryk. Sy voel nie verskeur tussen die twee lande nie, maar eerder versprei. Haar skokkende eerlikheid laat die leser soms die hand in eie boesem steek: " Ek is 'n bedorwe wit vrou uit Afrika. Maar presies hoé bederf ek nog altyd was, het eers hier in Europa tot my deurgedring. Soos die meeste wit kinders in my geboorteland, is ek van kleins af omring deur bykans onsigbare swart engele wat dinge vir my gedoen het. Groot was die skok dus toe ek in Frankryk besef dat ek self my kar se petrol moet intap.. en olie toets.. en inkopies eiehandig in te pak... en my eie strykwerk te doen... Vra maar vir enige bedorwe vrou uit Afrika wat sy die meeste in Europa mis. Sy gaan waarskynlik, soos ek, vir jou 'n bogstorie spin oor dierbare vriende en geliefde berge. Maar wat sy die héél meeste mis, glo my, is 'n huishulp. Dis natuurlik nie polities korrek om dit te erken nie." Marita sê in die laaste hoofstuk van die boek "Die hart van ons huis is ongetwyfeld die kombuis." Maar nadat mens die boek gelees het, besef jy: die hart van daardie huis is beslis Marita - haar deernis teenoor almal wat haar pad kruis, haar gasvryheid en kwesbare empatie. Sy sê dit grens aan waansin om 'n lewe te maak oorsee deur in Afrikaans te skryf, maar sy het nie 'n keuse nie. Ons lesers is dankbaar daaroor.

Your Recent History

Recently Viewed Items