Watch VideoWatch The Video

Dis ek Anna

Nielsen BookData Bookseller's Choice-prys (2005) Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan iemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is 'n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik anderkant uitgekom het. Dis ek, Anna is gebaseer op 'n ware verhaal en is ook in Engels beskikbaar as It's me, Anna. Elbie Lotter is 'n skuilnaam.
Author:
Anchien Troskie Elbie Lotter
Format:
Paperback

Average customer rating:

  (view reviews)

Delivery time :
Country of origin: South Africa Dispatched within 7 working days depending on supplier
Ships from :
kalahari.com

Now:
R195
eBucks:
eB1 950
Discovery Miles:
1 950

Description

Nielsen BookData Bookseller's Choice-prys (2005) Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan iemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is 'n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik anderkant uitgekom het. Dis ek, Anna is gebaseer op 'n ware verhaal en is ook in Engels beskikbaar as It's me, Anna. Elbie Lotter is 'n skuilnaam.

Product details

Author:
Anchien Troskie, Elbie Lotter
ISBN:
9780624042266
Audience:
General
Pages:
224
Width (mm):
139
Length (mm):
215
Awards:
Winner of South African Booksellers' Choice Award 2005.
Weight (g):
263

Customer reviews

Rate or write a review for this product

Dis ek, Anna

I loved the Book, And I have read the second book on this, Die staat teen Anna Bruwer. I read both books in two days. I will re-read the books in one years time again.

Dis ek Anna

EXECELLENT

Goeie diens

Kalahari se diens is puik, soos altyd.

Hoekom is die prys vd digitale weergawe duurder as die boek self??

Danke vir 'n wonderlike boek

Dankie vir jou eerlikheid en oopheid met hierdie boek. Dit was moeilik om te lees maar ek kon dit nie neersit nie. Dit is so goed geskryf dat ek van bladsy 1 saam met Anna haar lewe begin deel het. My gebed is dat ander ma's wat nie hul dogters wil glo nie dit ook sal lees.

Wie 'n oor het en kan hoor...moet luister.

Met die onlangse koerantberigte oor die molestering van n bekende Afrikaanse sanger, is baie rowe weer opnuut oopge#*@% vir baie kinders in ons land wat aan molestering blootgestel word. "Dis ek, Anna", is n boek wat handel oor n meisie wat deur haar stiefpa gemolesteer word. Dis n verhaal wat vertel van vernedering, woede en skuldgevoelens van n kind wie se identiteit van haar beroof is en niemand gehad het wat haar noodkreet gehoor het nie. Die boek is in gemaklike "spreektaal" geskryf en is dus toeganklik vir enige leser. Eksplisiete woorde kom voor in die boek, maar dis n verhaal wat n ding vertel soos wat dit is. Baie kinders word in hierdie land van ons gemolesteer, elke dag en baie van hulle het geen ondersteuningsnetwerk, of n oor om te hoor en te luister na hul noodkreet nie. Met die lees van hierdie boek besef n mens wat die realiteit van kindermolestering is. Dis n boek wat mens ruk tot in jou diepste wese en jou oë, en hopelik ook ore sal oopmaak vir wat daar buite aangaan...of dalk in jou midde.

'n Boek vir elke ma en dogter

Ek dink hierdie boek moet deur elke ma en dogter gelees word. As kind is ek en my susters deur dieselfde ondervinding. Ons het ook net stilgebly en die boek het gemaak dat ons uiteindelik openlik met my ma daaroor kon praat. Ek dink dis BAIE belangrik om dit te lees. En moet NOOIT vir jou kind vertel jy sal iemand dood maak wat aan hulle vat nie.

Harde werklikheid

Dis 'n baie goeie boek. Ontstellend met tye, maar als is dit wat in die werklike lewe gebeur. Soms is dit nodig dat ons hoor en sien wat in die huis langs ons dalk aan die gebeur is. En op die manier kan ons dalk harder probeer om ons kinders te beskerm, en nie net van vreemdes nie, maar dalk van naaste familie lede!!!!

Uitstekende leesstof!

Dit is belangrik dat elke vrou so 'n boek lees, sodat sy nooit dieselfde sal toelaat onder haar eie dak in haar eie huis nie. En omdat ek weet van soveel vrouens wat 'n soortgelyke verhaal kan vertel, is dit nodig om te besef hoeveel mense dra hierdie hoeveelheid hartseer diep binne in hulself, en niemand anders weet nie.Dit is tyd dat vrouens opstaan vir hul regte en hul vrouwees beskerm in 'n land waar sulke misdade om elke hoek loer.

Uitstekend en ongelooflik hartseer

Dit is vir my absoluut so ongelooflik hartseer wat hierdie vrou moes deurgaan. Haar kindwees is op so wrede manier van haar af weggeneem. Dit is vir my ongelooflik dat sy bo al hierdie dinge uit gestyg het. Ek haal my hoed vir haar af! By tye kon ek nie verder lees nie want dit wat geskryf is het my te erg geraak. Wel gedaan omdat jy oorwin het!!

Dis ek, Anna

Wanneer jy hierdie boek lees, lees jy dit met gemengde gevoelens - woede, hartseer, magteloosheid, bewondering. Ek is nie vir een oomblik spyt dat ek dit gelees het nie. Wanneer jy begin lees, kan jy nie ophou nie. 'n Mens besef nooit hoe dankbaar jy moet wees vir jou 'normale' lewe nie!

dis ek anna

Ek het die boek verskriklik geniet. Dit is 'n maklike leesboek en toe ek eers die boek begin lees kon ek hom nie neersit nie. Vir my is daar so baie lesse in die boek oor hoe belangrik die ouer-kind verhouding is, hoe wreed die wereld kan wees en hoe party mense die absolute vermoe het om, ongeag van hulle omstandighede die stukke kan optel en 'n lewe maak.

 

Your Recent History

Recently Viewed Items

 

Other products to consider