Huisgenoot Top 500 Wenresepte

‘n Kontemporêre uitleg met pragfoto’s maak hierdie versameling resepte – wat spesiaal vir Huisgenoot-lesers saamgevat is – so noodsaaklik soos Mrs Ball’s in elke kombuis.

Die immergewilde Huisgenoot Wenresepte-reeks is onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse kosavontuur – kookboeke wat hulle plek volstaan reg langs Kook en Geniet. Nou het alle Wenresepte-aanhangers die kans om hulle uit te leef met 'n versameling van die Top 500 Wenresepte. Die boek is spesiaal saamgestel sodat Huisgenoot-lesers die gewilde tydskrif se 90ste verjaardag in styl te vier. Hierdie lywige samestelling bestaan uit 17 liplek-lekker hoofstukke, insluitend Soutterte, Soet terte, Gebakte poedings, Vis en Seekos en Maalvleis en Pastei. Trefferresepte soos Ouma se Karoolamspastei (Wenresepte 7), Pampoenkoekies in stroop (Wenresepte 1), Biltongsop (Wenresepte 7) en Varkboud met lemoensous (Wenresepte 4) is ingesluit. Natuurlik het Suid-Afrikaners se soet tand nie vergete gebly nie met staatmakers soos Melktertkaaskoek (Wenresepte 3), Gemmerpoeding (Wenresepte 2000), Maaskaaskoek (Wenresepte 3) en Allerlekkerste sjokoladekoek (Wenresepte 2). Elke resep is getoets deur die bekwame Huisgenoot-kosspan en dra hul stempel van flatervrye kook- en bakgenot. Ook is daar 'n versameling pragfoto’s wat saam met die kontemporêre uitleg sorg dat Huisgenoot Top 500 Wenresepte 'n noodsaaklikheid sal wees in elke kombuis.
Author:
Carmen Niehaus
Format:
Hardcover

Average customer rating:

  (view reviews)

Out of stock

You can request a quote on this product by adding it to your basket


Description

‘n Kontemporêre uitleg met pragfoto’s maak hierdie versameling resepte – wat spesiaal vir Huisgenoot-lesers saamgevat is – so noodsaaklik soos Mrs Ball’s in elke kombuis.

Die immergewilde Huisgenoot Wenresepte-reeks is onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse kosavontuur – kookboeke wat hulle plek volstaan reg langs Kook en Geniet. Nou het alle Wenresepte-aanhangers die kans om hulle uit te leef met 'n versameling van die Top 500 Wenresepte. Die boek is spesiaal saamgestel sodat Huisgenoot-lesers die gewilde tydskrif se 90ste verjaardag in styl te vier. Hierdie lywige samestelling bestaan uit 17 liplek-lekker hoofstukke, insluitend Soutterte, Soet terte, Gebakte poedings, Vis en Seekos en Maalvleis en Pastei. Trefferresepte soos Ouma se Karoolamspastei (Wenresepte 7), Pampoenkoekies in stroop (Wenresepte 1), Biltongsop (Wenresepte 7) en Varkboud met lemoensous (Wenresepte 4) is ingesluit. Natuurlik het Suid-Afrikaners se soet tand nie vergete gebly nie met staatmakers soos Melktertkaaskoek (Wenresepte 3), Gemmerpoeding (Wenresepte 2000), Maaskaaskoek (Wenresepte 3) en Allerlekkerste sjokoladekoek (Wenresepte 2). Elke resep is getoets deur die bekwame Huisgenoot-kosspan en dra hul stempel van flatervrye kook- en bakgenot. Ook is daar 'n versameling pragfoto’s wat saam met die kontemporêre uitleg sorg dat Huisgenoot Top 500 Wenresepte 'n noodsaaklikheid sal wees in elke kombuis.

Product details

Author:
Carmen Niehaus
Publisher:
NB Uitgewers / Publishers
Imprint:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798146234
Audience:
General
Pages:
320
Width (mm):
170
Length (mm):
250
Weight (g):
1110

Customer reviews

Rate or write a review for this product

Uitstekende boek

Ek woon in die buiteland en die boek is vir my soos n kook-bybel! Het hom nou ook al vir vriende gekoop hier :-)

Brilliant!

This is a brilliant recipe book and especially useful for those still learning how cook. Best gift I received at my kitchen tea. ;-)

 

Your Recent History

Recently Viewed Items