Riaan Cruywagen - Wat's Nuus

Hier is dit nou! Riaan klim uit die TV-kas! Sy langverwagte outobiografie met die ware Riaan gaan elke mens laat regop sit. Gou word die leser in hierdie kostelike, gemaklike en informatiewe biografie ingetrek, sodat jy later absoluut meegevoer word deur die welkome inligting. Dit voel eintlik asof jy vir ete by die Cruywagens genooi is en jy in 'n diep gemakstoel na daardie welluidende mooi stem sit en luister wat op 'n boertige en gesellige manier onthou. Hy bring al vir die afgelope 47 jaar vir ons die nuus in ons huis en lyk sowaar nog presies dieselfde. Vind uit hoekom hy die geloofwaardigste Suid-Afrikaner naas Nelson Mandela is. In hierdie boek wys ons jou wie Riaan werklik is. 'n Familieman wat 'n passie het vir Afrikaans en wat mal is oor 'n goeie grap. Hier boek gaan jou laat skater van die lag en jou hart laat warm klop na jy dit gelees het.

Review:

Hierdie autobiografie is die ekwivalent van om oor ? lekker bottel wyn voor ? kaggelvuur onbevooroordeeld te onthou hoe die vermaaklikheidsbedryf gelyk het en ontwikkel het.
LEON VAN NIEROP
Author:
Riaan Cruywagen
Format:
Paperback

Average customer rating:

  (view reviews)

You can request a quote on this product by adding it to your basket


Description

Hier is dit nou! Riaan klim uit die TV-kas! Sy langverwagte outobiografie met die ware Riaan gaan elke mens laat regop sit. Gou word die leser in hierdie kostelike, gemaklike en informatiewe biografie ingetrek, sodat jy later absoluut meegevoer word deur die welkome inligting. Dit voel eintlik asof jy vir ete by die Cruywagens genooi is en jy in 'n diep gemakstoel na daardie welluidende mooi stem sit en luister wat op 'n boertige en gesellige manier onthou. Hy bring al vir die afgelope 47 jaar vir ons die nuus in ons huis en lyk sowaar nog presies dieselfde. Vind uit hoekom hy die geloofwaardigste Suid-Afrikaner naas Nelson Mandela is. In hierdie boek wys ons jou wie Riaan werklik is. 'n Familieman wat 'n passie het vir Afrikaans en wat mal is oor 'n goeie grap. Hier boek gaan jou laat skater van die lag en jou hart laat warm klop na jy dit gelees het.

Review:

Hierdie autobiografie is die ekwivalent van om oor ? lekker bottel wyn voor ? kaggelvuur onbevooroordeeld te onthou hoe die vermaaklikheidsbedryf gelyk het en ontwikkel het.
LEON VAN NIEROP

Product details

Author:
Riaan Cruywagen
Publisher:
Naledi
Imprint:
Naledi
ISBN:
9781920518158
Audience:
General
Pages:
272
Width (mm):
152
Length (mm):
222
Additional Info:
Riaan Cruywagen is die langsdienende TV-nuusleser in Suid-Afrika. In 2013 vier hy 48 jaar in die uitsaaiwese, waarvan hy die eerste 10 jaar as omroeper by die radio deurgebring het, en die laaste 38 jaar by televisie. Hy het sy buiging as TV-nuusleser op 26 November 1975 gemaak ten tyde van die toetsuitsendings, nog voordat die amptelike uitsendings in 1976 begin het. Presies 37 jaar later, op 26 November 2012, het hy onder groot openbare belangstelling as TV-nuusaanbieder by die SAUK uitgetree. Sy uittrede was van korte duur, want op 1 Februarie 2013 het hy hom as een van die ankeraanbieders by kykNET se ontbytprogram Dagbreek aangesluit. Hy het van 1971 tot 1974 as Afrikaanse radio-omroeper by Radio Nederland Wereldomroep in Holland gewerk. Van 1981 tot 1984 was hy die SAUK se verteenwoordiger in die VSA, Kanada en by die Verenigde Nasies, en het hy in Washington DC gewoon. Hy en sy vrou Riana is 41 jaar getroud en woon in Randburg. Hulle het een getroude dogter en twee kleinkinders. Riaan se herinneringe aan sy lewe en loopbaan is in April 2012 deur Naledi gepubliseer onder die titel Wat's nuus? (in Engels vertaal as What's News?)
Weight (g):
325

Customer reviews

Rate or write a review for this product

Uitstekende waarde vir geld

Die boek is uitstekend uitgelĂȘ, met foto's ingesluit. Die koddige insetsels maak dit 'n 'lekker-lees'!

Riaan - Wat's nuus

Briljant, niks minder van Riaan verwag nie!

great read

Wat's nuus had me rolling around with laughter. There are some lovely memories and personal experiences, which makes for good reading. Excellent book

Riaan Cruywagen

Riaan se Wat's nuus bied leesgenot uit die boonste rakke. 'n Moeite werd boek deur 'n baie besonderse mens. Ek het die boek verskriklik geniet!

Brilliant

So 'n lekker boek om te lees - die Afrikaans was so ryk en kleurvol en op elke bladsy het ek iets gekry waaroor ek geskater het van die lag.......die humor uitstekend! Bederf jouself en koop die boek!

Riaan Cruywagen

Het die boek vir my 87jr oue Moeder gekoop wat nog besig is om dit te lees. Ons was die Kersnaweek by vriende & sy het almal konstant vermaak met aanhalings uit die boek. Vandag was ook een van die dae wat sy behoorlik stukke daaruit gedramatiseer het. Aangesien ek dit self nie gelees het nie gaan ek slegs op wat sy te se gehad het en nog het en dit is dat dit suiwer genot en vol heerlike staaltjies is! Baie dankie! Wonderlike geskenk!

Riaan Kruywagen - Wat's nuus

Het nog nie die boek gelees nie, maar ek glo dis beslis 'n goeie kopie met lekker leesgenot!

'n Ou geniet dit om te hoor hoe die legende is en natuurlik sy manier van dinge stel!

RIAAN CRUYWAGEN

OK

Wat's nuus?

Uitstekend! Uitmuntend!

Trots Afrikaans

Riaan Cruywagen is deel van meeste Afrikaans en soms Engelse huisgesinne. Hy is 'n goeie nuus leser en het 'n goeie persoonlikheid. Hy het ook 'n goeie sin vir humour. Die boek is 'n moet lees.

Your Recent History

Recently Viewed Items

 

Other products to consider