Tussen Stasies

Nadat sy een nag deur die Poolse soldaat, Jakob Kowalski, gered word, kom Gretl kom as 'n Duitse weeskind Suid-Afrika. Sy word groot in 'n gelukkige, vooruitstrewende Afrikaanse gesin, maar sukkel om vrede te maak met haar verskriklike verlede. Net Jakob, wat in Pole agtergebly het, ken haar geheime, en kan help.
Author:
Irma Joubert
Format:
Paperback

Average customer rating:

  (view reviews)

Out of stock

You can request a quote on this product by adding it to your basket


Description

Nadat sy een nag deur die Poolse soldaat, Jakob Kowalski, gered word, kom Gretl kom as 'n Duitse weeskind Suid-Afrika. Sy word groot in 'n gelukkige, vooruitstrewende Afrikaanse gesin, maar sukkel om vrede te maak met haar verskriklike verlede. Net Jakob, wat in Pole agtergebly het, ken haar geheime, en kan help.

Product details

Author:
Irma Joubert
Publisher:
LAPA
Imprint:
LAPA
Edition:
4th ed
ISBN:
9780799338652
Audience:
General
Pages:
520
Width (mm):
129
Length (mm):
198

Customer reviews

Rate or write a review for this product

Tussen Stasies vloei die trane

Sedert ek my hande op "Anderkant Pontenillo" van Irma Joubert gelê het, is ek 'n vurige aanhanger. Elke keer voel dit asof ek van familie afskeid neem as ek die laaste bladsy van haar boeke lees. "Tussen Stasies" was geen uitsondering nie! Ek gaan vir Gretl nog lank met my saamdra. Vir die drie dae wat ek met die boek deurgebring het, was haar pyn MY pyn. Irma se ongelooflike vermoë om jou binne-in die karakters se situasie en omstandighede te plaas met haar onpretensieuse skryfstyl is vir my die grootste bekoring. Haar interessante en verrassende storielyne maak dat 'n mens tot aan die einde van elke storie vasgevang sit, al glo/hoop/vermoed jy dat dit wél 'n gelukkige einde sal wees. Enige boek van Irma Joubert is die ideale geskenk vir hierdie Kersfees!

Een van die bestes!!

Ek kon net nie hierdie boek neersit toe ek eers begin lees nie!! Ek het dit aan al my vriende en familie geleen.

Tussen Stasies

Uitstekend geskryf - heerlike leesgenot en verhaal met diepte Sterk aanbeveel Daardie tyd van die WW2 wat vir so baie SAners vreemd was en vir soveel van ons seniors in hul kindertyd was, word hier pragtig uitgebeeld en vertel Lees die boek en beleef dit So ook Anderkant Portnilo van dieselfde briljante skryfster

TUSSEN STASIES

Beautiful, sensitively written novel - Irma Joubert's understanding of an immigrant from Eastern Europe to SA is pretty spot on !! Can't wait to read her other books.

Uitstekend

Ek beveel die boek met groot graagte aan. Ek en my vriendin het die boek op RSG gevolg en kon nie wag vir die einde nie, en het toe maar elkeen haar eie uitgawe gaan koop. Baie geluk aan Irma Joubert met Tussen stasies. Ek het dit baie geniet.

Look for Similar Items by Category

Your Recent History

Recently Viewed Items

 

Other products to consider