eBook edition

Wie met vuur speel (eBook)

Weens populere aanvraag, die heruitgawe van Deon Meyer se heel eerste spanningsroman! By ’n boekeveiling sien Ragel Bergh vir Dirk Buchner raak. Oornag verander haar bestaan, en ná ’n naweek op Houwhoek weet sy sy is nog nooit so volledig bemin nie. Dan gebeur daar iets so ingrypend dat haar en Dirk se pad móét kruis met dié van Ivan Malan, die man met die sagte stem en emosielose oë, opgelei deur die agente van die semi-militêre Firma om mense te manipuleer of te elimineer. Sy opleiding as misdadiger kom handig te pas – hy het geslaag in vakke soos toneelspel, vermomming, vervalsing, seksuele uitbuiting, omkopery, afpersing, inbraak en swendelary. As dié kennis nie help nie, bly die wapens onder sy huis langs die Weskus nog oor. Daar sal hy die “liasseerkabinet van die dood” ooptrek.
Author:
Deon Meyer
Format:
Adobe DRM ePub

Average customer rating:

  (view reviews)

Delivery time :
Country of origin: South Africa The eBook(s) will be available to download in your Digital Library as soon as payment has been processed.
Ships from :
kalahari.com

Now:
R177.19
eBucks:
eB1 772
Discovery Miles:
1 772

Short Description

Weens populere aanvraag, die heruitgawe van Deon Meyer se heel eerste spanningsroman! By ’n boekeveiling sien Ragel Bergh vir Dirk Buchner raak. Oornag verander haar bestaan, en ná ’n naweek op Houwhoek weet sy sy is nog nooit so volledig bemin nie. Dan gebeur daar iets so ingrypend dat haar en Dirk se pad móét kruis met dié van Ivan Malan, die man met die sagte stem en emosielose oë, opgelei deur die agente van die semi-militêre Firma om mense te manipuleer of te elimineer. Sy opleiding as misdadiger kom handig te pas – hy het geslaag in vakke soos toneelspel, vermomming, vervalsing, seksuele uitbuiting, omkopery, afpersing, inbraak en swendelary. As dié kennis nie help nie, bly die wapens onder sy huis langs die Weskus nog oor. Daar sal hy die “liasseerkabinet van die dood” ooptrek.

Product details

Not compatible with:
Kindle, Digibook, Verso, RK Book, Pocketbook 306
Download size:
1331 KB
Printable:
Not Allowed
Author:
Deon Meyer
Imprint:
Tafelberg
Publisher:
NB uitgewers
ISBN:
9780624056324
Language(s):
af

Customer reviews

Rate or write a review for this product

Wie met vuur speel

Was eerste aankope. Gesukkel met aflaai na my rekenaar en leser. Alles die miete werd. Die boek is soos al die ander boeke van die skrywe vol spanning en humor. Baie dankie aan die vriendelike dames by Kalahari wat my so baie gehelp het. Ek dink hulle was al mooi g..volvir my.

Deon Meyer: Meester van die sanningsverhaal

Hoewel hierdie een van Deon se ouer verhale is, is die storielyn soos gewoonlik baie boeiend en die spanning hou mens op die punt van mens se stoel die heeltyd. Dis so lekker om vertroud te wees met die plekke waar sy vehaal afspeel. Regte "home entertainment"! En sy lekker Afrikaans val heerlik op die oor. Soos met alle Deon Meyer-boeke, kan jy dit nie neersit as jy eers begin lees het nie.

Het die eboek so baie geniet en het dit suinig gelees. Sal weer binnekort van die skrywer se boeke aanskaf deur Kalaharie.com

Wie met vuur speel

Spanningsvol!

Goeie spanningsverhaal

Ek is baie bly daar is al 'n paar van Deon Meyer se boeke as ebooks beskikbaar. Jammer hulle is nog nie op Amazon nie!!!

Well written suspense

Excellant charecters,good development of the plot involved,well researched,lots of fun reading.

Die Meesterwerke begin.

Alhoewel dit effe vreemd voel om 'n boek wat, waarskynlik, in 1993 geskryf is in 2012 te lees, is dit steeds volbloed Deon Meyer. Ikarus is Deon se eerste boek en het 'n effe anders (mag ek sê groenerige) aanvoeling, maar het al die kenmerke van uitstekende storieverteller wat Meyer is. Glad nie 'n slegte boek om 'n legende mee te begin nie ;-)

 

Look for Similar Items by Category

Your Recent History

Recently Viewed Items