Watch VideoWatch The Video

Die Blou Van Onthou

In die skemer van haar lewe kry Colette Cronje 'n brief van 'n lank vermiste familielid. Dit kom uit Portugal en dit dwing haar om alles te onthou wat sy 'n leeftyd lank probeer vergeet het.

Want wat 'n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook die van die volgende twee geslagte onherroeplik verander. Haar dogter, Nandi, se verset teen haar ouers en haar afkoms is so verreikend dat sy haar kind vir aanneming weggee, alleen oorsee vlug en alle bande met haar familie verbreek.

Haar kleindogter, Tina, word groot sonder om haar bloedfamilie te leer ken. Maar bloed bly bloed, jou familie bly jou familie, jou taal bly jou taal. Daarom word dit die verhaal van 'n Afrikaanse familie, van drie opeenvolgende geslagte wat reageer op mekaar en op hul tyd, van drie vroue wat leef in die spanning tussen weggaan en moet bly, tussen vergeet en moet onthou.

Saudade, leer Colette in Portugal, is die liefde wat bly nadat die voorwerp van die liefde verdwyn het. Die blou van onthou is n wydstromende rivier van n roman, n boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings.

You/Huisgenoot:Wenner van die Tempo Awards Afrikaans Book of the Year Award.
Author:
Marita Van Der Vyver
Format:
Paperback

Average customer rating:

  (view reviews)

In stock (Sold by Kalahari)

Delivery time :
Country of origin: South Africa Dispatched within 24 hours (1 working day)
Ships from :
kalahari.com

You can request a quote on this product by adding it to your basket


Now:
R235
eBucks:
eB2 350
Discovery Miles:
2 350

Description

In die skemer van haar lewe kry Colette Cronje 'n brief van 'n lank vermiste familielid. Dit kom uit Portugal en dit dwing haar om alles te onthou wat sy 'n leeftyd lank probeer vergeet het.

Want wat 'n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook die van die volgende twee geslagte onherroeplik verander. Haar dogter, Nandi, se verset teen haar ouers en haar afkoms is so verreikend dat sy haar kind vir aanneming weggee, alleen oorsee vlug en alle bande met haar familie verbreek.

Haar kleindogter, Tina, word groot sonder om haar bloedfamilie te leer ken. Maar bloed bly bloed, jou familie bly jou familie, jou taal bly jou taal. Daarom word dit die verhaal van 'n Afrikaanse familie, van drie opeenvolgende geslagte wat reageer op mekaar en op hul tyd, van drie vroue wat leef in die spanning tussen weggaan en moet bly, tussen vergeet en moet onthou.

Saudade, leer Colette in Portugal, is die liefde wat bly nadat die voorwerp van die liefde verdwyn het. Die blou van onthou is n wydstromende rivier van n roman, n boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings.

You/Huisgenoot:Wenner van die Tempo Awards Afrikaans Book of the Year Award.

Product details

Author:
Marita Van Der Vyver
ISBN:
9780624055181
Audience:
General
Pages:
360
Width (mm):
139
Length (mm):
215
Weight (g):
467

Customer reviews

Rate or write a review for this product

Wat 'n lekkerte! Toe ek die boek toemaak was my eerste gedagte "Dankie, Marita!" Ek het stadig gelees om die boek so lank as moontlik te laat hou en gewens ek kan dit nog langer uitrek. Marita het 'n manier om dinge so helder te teken met haar woorde dat ek elke nou en dan gevoel het my eie verlede speel hier voor my af. Ek en my ma het lekker gelag oor al die uitdrukkings wat wraggies net so baie in ons huis gebruik is. Die boek is vir my so lewensgetrou en eerlik; ek kan verstaan dat party mense glad nie die konfrontasie kan hanteer nie. Kan nie wag vir haar volgende boek nie!

Die Blou van Onthou

Baie goed net soos Marita dit kan doen ek kan die boek ten sterkte aanbeveel.

Die Blou van Onthou

Ek was teleurgesteld met hierdie boek. Ek het van Marita se vorige boeke baie geniet (veral 'Wegkomkans'), maar hierdie boek was net nie so boeiend en interessant nie.

Avid Reader

I have only read one of Marita's books to date when I bought Die Blou van Onthou, but have never been more glad that I did. This is a book that forced me as well to remember. Die vorige "review" weet duidelik nie waaroor dit gaan nie. Ja daar is wel baie van ons land se politieke blapse in maar dit was so lekker om dit van 'n ander perspektief te lees en onthou. Die karakters is so eie aan ons. Ek is nou 'n getroue volgeling van haar boeke.

Die Blou Van Onthou

Die uitreksel gepubliseer in Sarie is die enigste interessante deel van die boek. Dis hoekom ek die boek gekoop het. Maar weereens is dit dieselfde politieke propoganda en twak oor die verlede van Suid Afrika. Maak mens eerder depressief as wat dit lekker vakansie vermaak is.

Look for Similar Items by Category

Your Recent History

Recently Viewed Items

 

Other products to consider