Watch VideoWatch The Video

Philida

'n Aangrypende, meesleurende en diep menslike roman deur een van Suid-Afrika se grootste skrywers: Philida is gebaseer op historiese werklikheid en sluit wat tema en tydperk betref aan by een van Brink se vroeer romans, Houd-den-bek. Philida was 'n slavin wat tussen 1820 en 1835 op die plaas Zandvliet in die Drakenstein-distrik gewoon het. (Die plaas wat vandag bekend is as Solms Delta). Sy het 'n paar kinders gehad by Frans, die seun van Cornelis Brink, die eienaar van die plaas. Maar toe besluit Cornelis dat Frans met die dogter van 'n ryk Kaapse familie moet trou en dat dit beter is om Philida en haar kinders te verkoop. Die roman begin waar Philida by die drostdy op Stellenbosch 'n klag teen haar baas gaan le, ongehoorde optrede vir 'n slawevrou, optrede wat haar duur te staan kom: Philida en haar kinders word in 1833 deur Brink op 'n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar, Meester de la Bat, ingeboek. Die swaarkry en vernedering van baie jare het Philida egter gebrei en op 'n dag eien sy vir haarself vryheid toe. Saam met die Moslem-slaaf, Labyn, trek sy deur die barre Karoo na die verre Gariep – "die grote Gariep: hy is die hele land en die hele wêreld …die rivier in onse binneste. My Gariep…" dink Philida. "Hier in sy nabyte is ons almal saam." Philida is 'n versetsroman – maar dit is ook 'n bevrydingsroman. Dit demonstreer wat vryheid beteken, en ook wat aan die kern van baasskap le. En alhoewel daar onthutsende tonele is, is daar ook oomblikke van teerheid en humor. En boweal, die stem van 'n meesterverteller. 'n Interessante aspek van die roman is dat Brink gebruik maak van geskiedkundige feite wat een van sy voorsate insluit.
Author:
Andre P. Brink
Format:
Hardcover

Average customer rating:

  (view reviews)

Out of stock

You can request a quote on this product by adding it to your basket

Description

Product details

Author:
Andre P. Brink
Publisher:
NB Uitgewers / Publishers
Imprint:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798155212
Audience:
General
Pages:
352
Width (mm):
152
Length (mm):
222
Weight (g):
535

Customer reviews

Rate or write a review for this product

Philida

Uitstekend! Ek kon my absoluut inleef in Philida.

Philida -

Hierdie boek is ideaal vir iemand wat baie belangstel in die Kaapse geskiedenis van SA. Wat dit ook meer interessant maak is om die plaas Solms Delta vandag te besoek en dan die boek te lees. Dit maak dit meer werklik. Die boek gee jou 'n beter idee van hoe slawe elke dag geleef het. Detail wat meestal onbekend is aan ons. Defenitief die lees werd!

philida

older, sadder, wiser, Brink's werke syn as goeie wyn!

Look for Similar Items by Category

Your Recent History

Recently Viewed Items

Other products to consider