Hier Naby Jou

Artist(s):
Nicholis Louw
Format:
CD

Average customer rating:

  (view reviews)

In stock (Sold by Kalahari)

Delivery time :
Dispatched within 24 hours (1 working day)
Ships from :
kalahari.com

Now:
R49
eBucks:
eB490
Discovery Miles:
490

Product details

Composer:
Nicholis
Label:
Select Musiek

Listen to tracks

Disk 1

  • 1. Hier Naby Jou.
  • 2. As Jy Ja Wil Se.
  • 3. Tussen Die Lakens Dans.
  • 4. Bed Of Roses.
  • 5. Angel In Your Eyes.
  • 6. Ek Wonder
  • 7. Sal Jy
  • 8. Welkom By My Party
  • 9. Without You
  • 10. Anyhow Anywhere Anytime
  • 11. Please Don-t Cry
  • 12. Poison
  • 13. Geen Probleem
  • 14. Say Goodbye
  • 15. As Jy Weer Kyk
  • 16. Trying To Break My Heart

Customer reviews

Rate or write a review for this product

Salf vir die Afrikaner siel

As 'n jong Suid Afrikaner weet ek daar word soms van my verwag om uiting te gee aan my wroeging met my Afrikaner identiteit deur te luister na bands soos F*k*fpolisiekar en Francois, Wynand en Justin se nuwe band, Van Coke Cartel. Maar nee, ek swem teen die stroom van konvensie. Want vir my enkapsuleer Nicholis Louw die Afrikaner identiteit met 'n empatie en 'n amper magiese verstaan wat die jong pretenders tot die troon in sy stof agter laat. Moeilik om te glo? Waar moet ek begin? Dalk met 'n quote van sy press release toe hy platinum status bereik het? "Met sy viriele jeug oorrompel hy álmal wat wil luister!" 'n Stelling wat min mense mee kan stry as hulle eers Nicholis se musiek gehoor het. Of dalk met 'n analise van sy lirieke? Lirieke wat songs soos "Heiden Heiland" net laat lyk soos wat dit is. Pretensieuse nonsens. Kom ons kyk na die bewyse Nie alleenlik kry Nicholis dit reg om die "Maia Hee, Maia Hoo" korus van "Drogostea din tei" te meng met verruklik Afrikaanse lirieke soos, "Onthou, Ons soen, Gistraand, Tien uit tien" nie, maar die kwaliteit van die song laat my verwonderd staan oor hoe hy woorde soos "jyssie een vir my " effortless in die song inwerk sonder dat die taal puriste hulle wenkbroue lig vir die voorheen ongehoorde vermenging van "jy is die een vir my". Dis amper asof hulle aanvaar het dat Nicholis Afrikaans in 'n nuwe era gaan inly. 'n Era waar Afrikaans die sogenaamde "sms taal" geassimileer het en sy eie gemaak het. ‘n Era waar ons Afrikaners ons identiteit as ‘n kosmopolitaanse nasie, gewortel in Afrika, aanvaar. En in "Rock that body" bewys hy dat die Suid Afrikaanse man lankal sy chauvinistiese neiging agter gelaat het en 'n volronde kennis besit van vrouens se lees gewoontes met sy subtiele verwysing na die boek, "Men are from Mars. Women are from Venus" as hy sing " Do you, still think, I’m from Mars?". ('n Boek wat ek nog nooit van gehoor het nie maar een wat ek dadelik bestel het en my 'n dieper insig gegee het in my meisie se psige. Dankie Nicholis) Maar dis nie net die kwaliteit van sy eie komposisies wat verstom nie. Nicholis se verwerking van "Bed of Roses" laat my elke keer vra "Bon Jo Wie? Bravo Nicholis, Bravo!

Nicolas jou ou doring gabba!

Hey ek smaak Nicolas dik gif! Hy is die kwaaiste gabba wat al ooit in afrikaans sing. Wat ek die heavyste smaak van Nic is lat hy dik heavy kwaai elektriek kitars gebryk saam met sy heavy spif orkes. Kap hom my gabba, kap hom dik, ek se!! Sy musiek word net al hoe beterder met elke CD. Die hele family smaak Nic stukkend. Even my ouma haal haar vals tanne yt en fluit saam met sy gif musiek. My cherrie like dit ook kwaai mar sy mag dit nie lyster nie want dit maak my jelous oorlat ek skiem sy gat Nic meer smaak as vir my. Nic as jy hierdie review lees, weet lat Willa Norris jou nr 1 fan uit Danville is as jy 'n lekker gif bodygaurd soek fone my want ek het 5de dan in Rusian kickboxing. Hier is my nr. 084 487 9033. Once my bra, kap hom dik want Nicolas jy mag mar!

'n Ware Kunstenaar

Nicholis Louw het sowaar afrikaanse musiek tot 'n nuwe vlak geneem met sy nuwe laserskyf. Ek het tot nou toe nog nie 'n album van presies hierdie kaliber teegekom nie, en ek moet sê dat ek al deur baie afrikaanse albums was voor hierdie een. Nicholis bring sowaar iets nuut na 'n genre wat in die algemeen gekenmerk word deur kunstenaars wat oorsese treffers sing in 'n poging om hul albums langer as 20 minute te maak . Maar nie Nicholis nie. Hy wys sy karakter deur slegs sy eie songs te sing en jy kan hoor dat hy dit self geskryf het, en nie soos mindere kunstenaars te teer op 'n konsep wat halfgebak is nie. Sy lirieke is verfrissend diep en omvattend. Ek is veral versot op "Tussen Die Lakens Dans" wat natuurlik glad nie oor seks gaan nie, maar as jy dieper delf, wel gaan oor sy struggle as kind om liefde te vind in 'n wêreld wat nog nie gereed is vir hom nie. Hier waar ek woon in Parys(in die Vrystaat, nie Frankryk nie), kan ons nie uitgepraat raak oor wat hy vir afrikaans en vir Suid-Afrikaanse musiek in die algemeen doen nie. Hy het my 'n rede gegee om aan te gaan met my lewe en ek sal my eerste kind na hom vernoem. As daar nou eenmaal 'n wenner was onder die sterre, dan is dit nou Nicholis. Hou so aan! Wys ons jou ware karakter en veg voort vir die behoud van afrikaans as moedertaal van jou volk. Jy is voorwaar ons eie hedendaagse Koos De La Rey.

Louw is nou maar net nie 'n musikant nie.

Nicholis Louw se CD's verkoop nou maar een maal goed en dié feit is eintlik nogal ontstellend maar mens kan dit verwag. Meer hyg romans word verkoop as Nobelpryswenners. En in die musiekwêreld is Louw maar net een van vele semi-porno skrywers wat nie veel regtig weet van musiek behalwe hoe om dit te gebruik om geld te maak nie. Louw kan nie eerlikwaar homself 'n musikant of 'n kunstenaar noem nie. Sy musiek is glad nie so "fresh" soos wat hy of sy platemaatskappy dink nie. Dit is net klein variasies van dieselfde standaard pop tune wat Suid Afrika al lank al moes van vergeet het. Nicholis Louw sal in die lang termyn nie kan sê dat hy enige iets vir die land se musiek bedryf gedoen het nie.

Wens Nicholis was hier naby my

Ek hou daavan dat daar meer van sy eie liedjies op is. Dis anders as die ander 2 cd's, maar ek hou daarvan. Dis Nicholis, hoe kan jy nie daarvan hou nie?

Look for Similar Items by Category

Your Recent History

Recently Viewed Items