Tjailatyd

Tjailatyd is Theuns Jordaan op sy beste. Hy skop af met lekker langarm skoffel nommertjies, maar dis met die stadiger melodieë wat sy moerkoffie stem jou hart laat krummel soos boerbeskuit. Luister uit vir die Steve Hofmeyr gedig Gesiggie wat Theuns 'n wysie gegee het. Plesierige luister- en wikkelnommertjies waarmee jy die langpad kan vat!

Artist(s):
Theuns Jordaan Theuns Jordaan
Format:
CD

Average customer rating:

  (view reviews)

Description

Tjailatyd is Theuns Jordaan op sy beste. Hy skop af met lekker langarm skoffel nommertjies, maar dis met die stadiger melodieë wat sy moerkoffie stem jou hart laat krummel soos boerbeskuit. Luister uit vir die Steve Hofmeyr gedig Gesiggie wat Theuns 'n wysie gegee het. Plesierige luister- en wikkelnommertjies waarmee jy die langpad kan vat!

Product details

Label:
EMI

Listen to tracks

Disk 1

  • 1. Soos Bloed.
  • 2. Hanne.
  • 3. Gesiggle.
  • 4. Straattroebadoere.
  • 5. As Ek Vra.
  • 6. Tjallatyd
  • 7. Hoe Draai Die Wind Dan Nou
  • 8. Moenie
  • 9. Vermiste Mense
  • 10. Alleen Sonder Jou
  • 11. Buitekant
  • 12. Waar Was Jy
  • 13. Laslappie

Customer reviews

Rate or write a review for this product

Tjailatyd

Uitstekend! Hierdie cd het ek al dun geluister en elke keer as ek dit hoor is daar iets anders wat my tref, die sielvolle woorde, sy besonderse warm stem, die uitstekende kitaar, alles. Dit bly 'n ontdekking. Theuns, jy't jou regtig oortref hierdie keer. Hierdie album is onverbeterlik. Wanneer kom die volgende een, kannie wag nie.

Tjailatyd is TOPS !

Tjailatyd is een van die beste Afrikaanse CD's wat ek nog gehoor het . Die woorde van die liedjies is pure poësie , Anton L'Amour se akoestiese en elektriese kitare vul Theuns se eie kitaarwerk pragtig aan en Theuns se stem ! Wat kan ek sê , DIE MAN KAN SING ! Ook die hele produk is baie goed ofgerond en tegnies goed versorg . Daar is vir elke smaak iets op die CD . Pragtige liefdesliedjies , hartseerliedjies en 'n Koos Doep nommer waar Theuns se mooi diep stem pragtig afgewys word en dan is daar 'n lekker loslit mengelmoes waarop mens lekker kan litte losmaar ! Woorwaar 'n TOP CD (soos die meer as 75 000 verkope reeds bewys het ) ! BAIE DANKIE , THEUNS !

Afrikaanse musiek snob

Dis nou ek daai, volgens my ander helfte natuurlik. Seker maar omdat ek 'n Coenie de Villiers, Richard vd Westhuizen, Louis van Rensburg "fan" is. En nou,Theuns Jordaan! Ek het albei sy cd's gekoop en glo vir my hulle is al voos geluister. Daar is net 'n wonderlike rustigheid aan sy musiek. Kan nie wag vir die dag dat ek hom "live" kan sien optree nie. Genoeg nou van my gebabbel, kry die dc en geniet elke sekonde daarvan.

teleurgesteld

AI, ai ... die lekker rustig luister na die spesiale stem se spesiale rustigheid soos op Vreemde Stad nie meer nie. Dromme, "beat" en orkes oordonder ! Jammer Theuns

Theuns se CD

'n Wonderlike CD!!!

Amazing!!!

dit is absoluut wonderlik om nog sulke hoogstaande musiek in afrikaans te kan hoor. ek is nogals 'n groot liefhebber van alle tale musiek, maar ek moet se afrikaans is hoog - 1ste op my lys. hierdie een van theuns het ek nognie gehoor en vanaand (woensdag 23/10/02) kon ek dit hoor op my rekenaar. die wonder van die tegnologie verstom my elke dag al hoe meer. duisend dankies kalaharie.net julle is en bly die beste. altyd eerste met die beste. dit is 'n groot voorreg om deur julle al my gunsteling musiek te kan bestel

Look for Similar Items by Category

Your Recent History

Recently Viewed Items