Write a review for this product.
Rate this product.

Genotvol, maar tog?
Reviewed by Pierre from Randvaal on 02 January 2005
1349 of 2827 people found the following review helpful:
Die konsert gedeelte van hierdie DVD is uiters genotvol as jy 'n Steve Hofmeyr en/of Neil Diamond aanhanger is.
Die DVD produk faal egter in die volgende opsigte:
Klankbaan: 0 sterre. Slegs 2-baan stereo? Waarom nie ook 5.1 Dolby en/of DTS nie? Beslis benede standaard vir 2004 opname! En dan is daar, veral by Sweet Caroline, agtergrond sang wat uit-sync is met Steve se sang.
Video: 3 sterre. Baie beter as Toeka DVD. Daar is egter nog steeds uit fokus beelde.
Inhoud: Eerstens, die lengte van die gelukwense aan die begin irriteer. Dit behoort eerder by die Ekstras - wat in elk geval 'n gedeelte daarvan bevat. Tweedens, die nommers van die gedrukte speellys en die op DVD speler verskil - soos met Toeka DVD. Derdens, as daar beplan word om die gehoor se sang op te neem, maak asb seker dat hulle daarvan weet en dat daar genoeg mikrofone is!
Die prys is
Was this review helpful?

Pampoene op 'n "hot august night?"
Reviewed by Jo Els from Eastern Cape on 01 September 2008
753 of 1721 people found the following review helpful:
Dis 'n dvd opgedra aan die weergalose Neil Diamond - waar de joost val Pampoene en Bloubul dan uit?! 'n redelik onprofessionele nabootsing wat eintlik maar net op die "eie ek" gerig is. Middelmatige klankgehalte en amateur kamerawerk. Steve bly maar op sy beste as hy bloot hulde aan homself bring - sy Augustus-maand is maar half winderig.
Was this review helpful?
See more reviews