Short description
Alles sal Regkom Mnr Spog en Mnr Poel het nou wel snaakse maniertjies, maar hulle het groot harte, en hulle doen alles in Spoggenpoelville. As iemand 'n skaap wil laat skeer, doen hulle dit - en die skaap lyk soos 'n Franse poedel daarna!. As iemand se skuur afbrand, is hulle die brandweermanne wat eers alle papierwerk afhandel voordat hulle op hul noodtog vertrek. Hulle is ook die versekeraars, 'n die burgemeester sowel as die onderburgemeester. Maar wanneer twee ontwikkelaars hul vreedsame leefwyse kom versteur, moet Spog en Poel wys waartoe hulle regtig in staat is. Hoe sal hierdie twee goedhartige maar dom stadsvaders vaar?