Short description
Derduisende Suid-Afrikaners woon deesdae oorsee, sommige tydelik, ander permanent. Hulle vaar die vreemde in om uiteenlopende redes: jong professionele gryp werksgeleenthede aan, ander bevredig hul wanderlust in London, terwyl sommige hul horisonne in die
Long description
Derduisende Suid-Afrikaners woon deesdae oorsee, sommige tydelik, ander permanent. Hulle vaar die vreemde in om uiteenlopende redes: jong professionele gryp werksgeleenthede aan, ander bevredig hul wanderlust in London, terwyl sommige hul horisonne in die Ooste gaan verbreed. In hierdie bundel deel van ons skrywers hul ervarings van 'n buitelandse verblyf. Kort na die aanvanklike opwinding kom die verlange en die vreemdheid van in twee werelde leef, maar ook ’n ontdekking van dit wat 'n mens aan Suid-Afrika bind. As almal ver is: Suid-Afrikaners skryf huis toe bevat nagenoeg 40 bydraes, waaronder etlike reisverhale oor bestemmings soos Parys, Kilimanjaro en selfs Beiroet. 'n Ekstra element wat beloof om die oog te vang, is ’n reeks strippe (comic strips) en sketse deur jong kunstenaars. Die titel sal almal wat al self in die buiteland was of wat familie daar het aan die hart gryp.