Short description
Bangkat is bang. Die vloerplanke wat kraak laat hom bibber. Sy skaduwee laat hom sidder. Op 'n dag ontmoet hy 'n klein muis genaamd Boe. Boe leer hom om sy vrese te oorkom en kort voor lank waag hy dit selfs om die nie-so-angswekkende wereld aan te durf.