Short description
Die skrywer skryf met insig oor die alledaagse wat ons lewe vorm maar veral hoe ons moet reageer tenoor die gebeure wat ons lewens beïnvloed.
Long description
Die skrywer skryf met insig oor die alledaagse wat ons lewe vorm maar veral hoe ons moet reageer tenoor die gebeure wat ons lewens beïnvloed. Vars kort stories wat jou lewe sal verryk. Hierdie beskrywings is 'n versameling uit Eugene Kemp se gereelde gesprekke met Derrich Gardener op Saterdag-oggende op RSG in die program Brekfis met Derrich. Dr Eugene Kemp (PhD – Noord-Wes Universiteit) is 'n geregistreerde sielkundige en 'n gesaghebbende met 'n wye ervaring in die bedryfsielkunde tov veranderingsbestuur. Hy is 'n gereelde spreker op Radio Sonder Grense en het reeds op verskeie TV programme opgetree. Hy is 'n lewensafrigter vir verskeie prominente maatskappye en was betrokke by afrigting in die Presidentskantoor in 2007 asook by leierskapontwikkeling as deel van die Business for Wellness program.