Short description
Die elfjarige verteller van die storie, lily Daniels, se: "Onse hele huis is vol vroumense: my ouma, my antie Stella en ek. Ons familie se mans is maar taamlik nikswerd.
Long description
Die elfjarige verteller van die storie, lily Daniels, se: "Onse hele huis is vol vroumense: my ouma, my antie Stella en ek. Ons familie se mans is maar taamlik nikswerd. My ma bly nie meer hier nie. Party mense se sy't getry vir white." Deur Lily se skerp maar liefdevolle oe beleef ons die lewenskragtige kultuur van Kaapstad se bruin gemeenskap onder Apartheid se vernietigingsdrang. Wanneer Lily se beeldskone maar woedende moeder terugkeer, vasberade om vir geregtigheid te veg, kom die verhaal van Lily se verlede – en haar toekoms – tot uitbarsting.