Short description
'n Hersiene, bygewerkte uitgawe van hierdie bekende bloemlesing wat al baie lank beskou word as ’n barometer van die kortverhaal genre in Afrikaans. Die versameling sluit nou 128 verhale van 79 skrywers in, wat strek oor ’n tydperk van meer as ’n eeu. Die titel van die 5de uitgawe was Eeu, maar hierdie uitgawe keer terug na die oorspronklike titel. Die ideale geskenk vir iemand wat belangstel in die stand van die Afrikaanse literatuur of sommer net enigeen wat van boeiende verhale hou.