Short description
Hierdie nuwe uitgawe in groter formaat van die bekende topverkoper Die Natuurlewe van Suider-Afrika – 'n Veldgids tot die diere en plante van die streek, is ontwerp om selfs meer gebruiksvriendelik te wees, met groter teks en groter, duideliker afbeeldings.
Long description
Hierdie nuwe uitgawe in groter formaat van die bekende topverkoper Die Natuurlewe van Suider-Afrika – 'n Veldgids tot die diere en plante van die streek, is ontwerp om selfs meer gebruiksvriendelik te wees, met groter teks en groter, duideliker afbeeldings. Dit is volledig bygewerk volgens die nuutste klassifikasiestelsel, verskaf volksname en bevat meer as 2000 sorgvuldig gekose plante en diere wat besoekers aan enige deel van die streek waarskynlik sal raakloop. Meer as 1200 spesies is duidelik geillustreer en baie ander kan uit die teks met verwysing na soortgelyke spesies uitgeken word. Elke groep het 'n kleurkode vir maklike naslaan en in die bondige beskrywings verskyn diagnostiese kenmerke in vetdruk vir vinnige uitkenning. Elke afdeling is geskryf deur 'n vooraanstaande kenner op die gebied.