Short description
ATKV-Woordveertjie prys vir Liefdesroman
Die erflating is ’n skitterende debuut van Sophia Kapp. ‘n Volbloedliefdesroman op die patroon van die gewilde Amerikaanse skrywer, Nora Roberts. Die hoofkarakter, Adri Malan, is sterk, intelligent, dinamies en finansiële direkteur by haar pa se maatskappy en verwag om by hom oor te neem. Maar ná sy skielike dood hoor sy dat hy die beherende aandeel aan ’n vreemdeling verkoop het.
Long description
Die storie speel af teen 'n korporatiewe agtergrond in Kaapstad. Die hoofkarakter, Adri Malan, is sterk, beheers, intelligent en dinamies. Sy is die finansiele direkteur by haar pa se maatskappy en verwag om by hom oor te neem. Maar na sy skielike dood, hoor sy dat hy die beherende aandeel aan 'n vreemdeling verkoop het. Adri is uit die staanspoor vyandiggesind teenoor haar aantreklike nuwe baas. Hulle sit vas oor elke denkbare onbenulligheid en die een na die ander misverstand lei daartoe dat sy hom al hoe meer verwens en hy haar al hoe meer wantrou. Dit word vir haar 'n stryd om oorlewing - op professionele en emosionele vlak.