Short description
My sandsakkies is weg! Wat gaan ek doen? Luister net hoe raas die mensekindertjies - hulle gaan nooit vannag slaap nie, se Klaas Vakie verdrietig.
Long description
Diep, diep in die hart van Droombos, daar waar net bosdiertjies, feetjies en kabouters woon en waar kindertjies net in hul drome kan kom, gebeur allerhande dinge in en om Ou Knoetsboom in hierdie splinternuwe eg Afrikaanse reeks.