Gesamentlik staand hierdie twee stories bekend as
Die Verduin-Sage, 'n verhaal wat so ryk aan intrige en sensasie, hartstog en skandale, liefdeskinkels en noodlotsdraaie is as die beste Tv-sepie.
In Die Gesin Verduin leer ken ons die eerste geslag van die gesiene en skatryk familie. Aan die hoof staan Rolf, wat sy fortuin gemaak het nog voor sy huwelik met Reina. Al vyf hul kinders kom op 'n manier in opstand teen hul hardvogtige pa, maar sy invloed strek ver, en sy genade teenoor "swakkelings" is min.
En in Sondes Van Die Vaders ontmoet ons die tweede end derde geslag Verduins - hulle is gewoond aan die gerief wat gepaardgaan met rykdom, maar het nog nooit nodig gehaad om self hard daarvoor te werk nie. Eindelik begin die Verduin-ryk te wankel - sal enigeen mans genoeg wees om die situasie om te keer?