Short description
Byna oral in die wereld word gebed deesdae met skeptisisme besmet. Ons asem 'n atmosfeer van twyfel in: Hoekom laat God die wereldgeskiedenis voortsteier sonder om in te gryp?
Long description
Byna oral in die wereld word gebed deesdae met skeptisisme besmet. Ons asem 'n atmosfeer van twyfel in: Hoekom laat God die wereldgeskiedenis voortsteier sonder om in te gryp? Watter nut sal gebed he teen 'n ongeneeslike siekte of gestremdheid; of teen die bedreiging van 'n kernaanval, terrorisme, misdaad, oorstromings en globale klimaatsverandering. Die skrywer se hieroor: "Ek skryf nie oor gebed as 'n deskundige nie. Ek het dieselfde vrae as die meeste ander bidders: Luister God regtig? Hoekom sou God Hom aan my steur? Hoekom moet 'n mens bid as God alles weet? Hoekom lyk die antwoorde op gebede so wisselvallig, selfs wispelturig? Staan die kankerlyer vir wie baie vriende bid ’n beter kans op liggaamlike genesing as een vir wie net 'n paar mense bid? Hoekom voel God soms so naby en ander kere so ver? Kan gebed regtig 'n situasie verander? Kan dit God se hart verander? Of verander dit die bidder? Of is alles ’n illusie? Hierdie eerlike maar hoogs inspirerende boek sal nie alle vrae oor gebed oplos nie, maar beslis alle twyfel wegneem oor of gesprekke met God die lewe leefbaar maak.