Short description
In hierdie werk span gerekende Afrikaanse historici saam om Suid-Afrika se geskiedenis op 'n omvattende en gebalanseerde manier op te teken.
Long description
In hierdie werk span gerekende Afrikaanse historici saam om Suid-Afrika se geskiedenis op 'n omvattende en gebalanseerde manier op te teken. Die boek skop af met die ontstaan van die aarde en eindig met die politieke en maatskaplike uitdagings wat die land in 2011 in die gesig staar. Anders as talle hedendaagse werke wat grotendeels op die meer onlangse struggle geskiedenis fokus, erken dit ook Afrikaners se rol in die land se ontwikkeling. Dit kyk onder meer ook na die koloniale era, die ekonomiese ontwikkeling van die land, die minerale revolusie, die Anglo-Boereoorlog, Afrikaner-nasionalisme en swart verset – en bevat selfs 'n omgewingsgeskiedenis. Van die hoofstukke wat opgeneem is, sluit in: Die Anglo-Boereoorlog (Fransjohan Pretorius); Die vestiging van die apartheidstaat, 1948-1966 (David Scher); Apartheid: 'n Ander blik (Hermann Giliomee); Die demokratiese puberteit, 2004-2011 (Jan-Jan Joubert).
Customer reviews & ratings