Short description
Hierdie fantasieverhaal - 'n blitsverkoper in meer as veertig tale - is die eerste in 'n trilogie en net reg vir Harry Potter-aanhangers.
Long description
Dis buite donker en dynserig van die reen en die vreemdeling is skaars meer as 'n skaduwee. Meggie kan net sy bleek gesig uitmaak. Wie is hierdie vreemdeling en hoekom besluit Meggie se pa hulle moet vlug na die man hom waarsku dat 'n meedoenlose skurk op sy spoor is? Hoekom is die skurk juis agter 'n geheimsinnige boek aan? Meggie kry die antwoorde in die boek en in 'n ou Noord-Italiaanse bergdorpie, waar die denkbeeldige skielik waar word. Hierdie fantasieverhaal is die eerste in 'n trilogie.