Hester en Ester Bester is die storie van twee susters van Bloemfontein wat by hulle tant Bessie intrek en saam met hulle vriende soos die lawwe Trompie Theron, chaos skep waar daar geen chaos nodig was nie.
Die een is ‘n lugwaardin met ‘n houding en ‘n sagte plekkie vir ‘n man wat kan… Die ander, ‘n dans onderwyseres met kurwes en ‘n onblusbare lus vir die lekker dinge in die lewe. Met Izak Taljaard, Karen Wessels en Marisa Bosman en Lizz Meiring as Bessie.