Short description
Reis saam na die Nimmer-Immer-Bos waar ’n durende wêreld van stories op lesers, jonk en oud, wag.
Hier is sestig verhale, byeengesoek en oorvertel deur sprokiesliefhebber en samesteller van kinderboeke Linda Rode.
Long description
Reis saam na die Nimmer-Immer-Bos waar ’n durende wêreld van stories op lesers, jonk en oud, wag.
Hier is sestig verhale, byeengesoek en oorvertel deur sprokiesliefhebber en samesteller van kinderboeke Linda Rode.
Die verhale is só beplan dat die kleintjies vir wie daar voorgelees word, sowel as ouer kinders wat self lees, ewe veel plesier aan die boek sal hê. Dis ’n omvattende bundel wat die kind se belewing van die wye wêreld van sprokies en ander folklore sal verruim. Kort brokkies kommentaar aan die einde van elke storie dui die lande van oorsprong aan en plaas die verhale uit Afrika, Europa, die Ooste en ander wêrelddele in konteks met mekaar.
Fiona Moodie is internasionaal bekend as illustreerder. Haar evokatiewe illustrasies is droënaaldetse wat met die hand gedruk en daarna geverf is – ’n moeisame proses wat meer as twee jaar geverg het. Die resultaat is betowerend en maak van die boek ’n kunsskat vir elke kind wat bevoorreg genoeg is om dit te ontvang.
Ook verkrygbaar in Engels: In the Never-Ever Wood.
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

'n Plesier
Reviewed by Lise from Johannesburg on 28 September 2010
90 of 166 people found the following review helpful:
Dit is 'n pragtige boek en verdien sommer nou al klassieke status! Fantastiese illustrasies en lekkerlees geskryf.
Was this review helpful?

In die Nimmer-Immer-Bos
Reviewed by Lynette from Pretoria on 16 August 2010
79 of 186 people found the following review helpful:
'n Uitstekende boek - perfek vir jonk en oud. Beslis die moeite werk om te koop - Linda Rode is fenominaal :-)
Was this review helpful?