Short description
Sagie leef in sy eie wêreld van onskuld en halfverstaan. Sy besef van probleme waaroor die slimmes hulle bekommer, is min. Hy leef gewoonweg soos sy oë sien en sy lyf voel. Wanneer die wonder van sy liefde gebeur, ervaar hy dit so, en wanneer die werklikheid dit breek, besweer hy sy pyn met ontkenning.