Short description
Banke en die bankbedryf het die afgelope dekade ingrypende veranderinge ondergaan. Vat jou bank vas vertel jou in leketaal alles wat jy moet weet om seker te maak jou bank gee jou die dienste waarvoor jy betaal en waarop jy geregtig is.
Long description
Banke is een van daardie nodige euwels in 'n mens se lewe - jy sou graag daarsonder wou klaarkom, maar geld onder die matras is nie prakties nie. Ken jy jou bank? Vertel jou hoe om seker te maak dat jy en jou bank volgens dieselfde reels spel. Jy is jou bank se klient, en behoort altyd as sodanig behandel te word. Geen bank kan sonder kliente oorleef nie, en met toenemende mededinging in die bedryf, is dit onnodig dat jy hoed in die hand by 'n bank instap. Banke en die bankbedryf het die afgelope dekade ingrypend verander. Die blinde lojaliteit teenoor spesifieke handelsname wat vroeer aan die orde van die dag was, geld nie meer nie - mense kies die bank wat die beste diens en voordele bied, en verander veel makliker van bank.