Short description
ATKV-Kinderboektoekennings 2007: Voorleeskategorie: 3-6 jaar
Takke, blare en versiersels le die wereld vol en al wat jy hoor, is ou Knoetsboom se gekreun en gekraak. "Eina, eina tog, my arm! Ho, ho...o, my kop...waar is ek?" mompel 'n diep, growwe stem.
Long description
Diep, diep in die hart van Droombos, daar waar net bosdiertjies, feetjies en kabouters woon en waar kindertjies net in hul drome kan kom, gebeur allerhande dinge in en om Ou Knoetsboom in hierdie splinternuwe eg Afrikaanse reeks.