kykNET se vlagskipjoernaalprogram Kwêla se
Amateur Videokompetisie het oor die jare
heen ‘n instelling geword. Na die wegholsukses
van die eerste DVD met ‘n keur van snaakse video’s,
is daar besluit om ‘n tweede DVD uit te gee. Kwêla
Funnies 2 bevat 138 video’s uit die 2007/2008 oes en
beloof om eindelose genot te verskaf.
Die video’s is in sewe afdelings gegroepeer, naamlik
Valle (mense en kinders wat val), Onderonsies (die
snaakse onderonsies tussen mense en diere), Bekkig
(kinders se onvoorspelbare sêgoed), Dieremanewales (diere
en hulle vreemde maniere), Eskapades (grootmense wat hulle voet daarin sit),
Honde & katte (huisdiere se eienaardighede) en Kinderkaperjolle
(kinders se nukke en grille).