Short description
Lewenspraatjies met 'n seun volg op die sukses van die topverkoper Lewenspraatjies met ’n Dogter. Die skrywer het saamgespan om hierdie praktiese en verstandige gids vir seuns saam te stel om hulle deur die grootwordproses te lei.
Long description
Lewenspraatjies met 'n seun volg op die sukses van die topverkoper Lewenspraatjies met ’n Dogter. Die skrywer het saamgespan om hierdie praktiese en verstandige gids vir seuns saam te stel om hulle deur die grootwordproses te lei. Dieselfde praktiese insig in belangrike waardes soos selfrespek, integriteit en ’n gesonde houding wat van Lewenspraatjies met 'n dogter so 'n groot sukses gemaak het, word in hierdie titel op seuns van toepassing gemaak. Kwelvrae, uitdagings en algemene lewenskwessies waarmee tienerseuns te make kry word bespreek – van sport tot boelies, 'doen-dit-self'-vaardighede tot seks en dwelms.