Short description
Stiltetyd-materiaal vir vandag se tienermeisies oor 'n verskeidenheid sake wat hulle raak. Dit help hulle om innerlike skoonheid in praktiese lewenstyl om te sit.
Long description
Stiltetyd-materiaal vir vandag se tienermeisies oor 'n verskeidenheid sake wat hulle raak. Dit help hulle om innerlike skoonheid in praktiese lewenstyl om te sit. Afgesien die Bybelgedeelte en die gedagte vir die dag, is daar elke keer ook temas om oor na te dink, wenke oor dinge wat hulle in die loop van die dag kan doen om die Bybelboodskap uit te leef of 'n sinvoller lewe te voer, interessante wetenswaardighede en riglyne vir gebed. Vir die yweriges is daar ook stof vir verdere nadenke. Elke dagstuk verskyn op 'n dubbelblad wat aantreklik uitgele is.