In
Mense Van My Asem vertel
Steve Hofmeyr uiteindelik sy lewensverhaal,in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke. Hy begelei ons op ’n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat ’n groot impak op hom gehad het.
Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgelê – sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings,sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, ’n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het. Hierdie boek gee ’n boeiende – en soms skokkende –kykie in die lewe van dié omstrede kunstenaar en mens.