Short description
Hoor die lewende Woord van God soos nog nooit
tevore nie met die Bybel Nuwe Lewende Vertaling
se oudio-uitgawes.
In die twee uitgawes word die volledige Nuwe
Testament asook die Psalms & Spreuke van die
NLV voorgelees deur bekende persoonlikhede:Lieb
Bester, Petru Wessels, Carel Trichardt, Esté Geldenhuys
en Rentia van der Bijl. Die digitale formaat
verseker goeie kwaliteit klank en die verskillende
snitte maak dit ook maklik om ’n bepaalde teksgedeelte
op te spoor.
Die NLV oudio-uitgawes is bedoel vir reisigers en
pendelaars, maar ook elke gelowige op die lewenspad.
Dit sal die Woord van God op ’n kragtige en
dinamiese wyse kommunikeer.
Die NLV: Nuwe lewe. Vir vandag. Vir ewig.