Write a review for this product.
Rate this product.

geldmors
Reviewed by Unknown from Cape Town on 16 February 2009
1001 of 2007 people found the following review helpful:
Ag nee wat, dit was nou geldmors. Die holrugstorie van drie vriendinne wat gaan vakansie hou en al hulle geheimpies uit die verlede word vertel oor 'n bottel wyn - dit is die outdste storielyn ooit. Daar is te veel ander goeie boeke om jou tyd op die een te mors.
Was this review helpful?

Twak
Reviewed by Unknown from Somerset Wes on 17 October 2008
1263 of 2542 people found the following review helpful:
Die grootste klomp twak wat ek al gelees het. As hierdie boek aanvaar is vir publikasie het ek nou hoop - ek sal ook kan publiseer!
Was this review helpful?

lekkerleesfees
Reviewed by Unknown from George on 27 September 2008
1265 of 2553 people found the following review helpful:
'n Boek oor vriendskap, die goed, die sleg, die mooi, die lelik! Oor keuses, reg en verkeerd. 'n Lekkerleesfees van 'n boek!
Was this review helpful?
See more reviews

Uitstekend!!
Reviewed by Anne-Marie from Suid Kaap on 30 March 2009
1003 of 2035 people found the following review helpful:
Wat 'n storie en so eie aan ons verhoudinge vandag - so loop ons elkeen maar met geraamtes in ons kas. Ons praat nie oor hierdie sondes uit ons verlede nie. En waarvoor is vriendinne daar? Ek sê altyd 'n ware vriendin is iemand by wie ek hardop kan dink. Iemand wat nie môre met my seer 'n skinderstorie opmaak en wyd en syd verkondig nie. A nee a, ek dink nie julle verstaan regtig wat tussen die 3 vroue gebeur nie. Dit laat 'n mens dink!!
Was this review helpful?

Baie vervelig!
Reviewed by Unknown from Durban, South Africa on 12 September 2008
1294 of 2658 people found the following review helpful:
Ek het die boek nie by Kalahari gekoop nie. Indien wel, sou ek met hul goeie beskrywing beslis geweet het die boek is nie vir my nie. Die beskrywing op die agterblad is glad nie so breedvoerig soos Kalahari se beskrywing nie.
Kru taal is net eenvoudig nie my smaak nie. Ek het 'n paar hoofstukke nie gelees nie.
Gedink ek sou die boek aan 'n biblioteek kon skenk indien dit my nie aanstaan nie, maar in die geval sal dit maar braaivleis vuur toe gaan. R 170-00 was in die geval 'n groot geld mors.
Miskien kan iemand asb by die uitgewers pleit en vra of die Afrikaanse skrywers iets beters kan skep as soetsappige liefdes verhale of snert soos hierdie boek.
Was this review helpful?

Interesting
Reviewed by LG from NWest on 29 October 2008
1143 of 2413 people found the following review helpful:
I found the book interesting, but slow reading. Anchien also wrote Dis ek Anna, (under her pen-name Elbie Lotter) but Nooit doesn't seem to have the same turn-the-page attraction that Anna had...
The story seems quite slow-going at times, it just continues at it's snail pace. What I did like about the book though is it raised all those best-friend issues with me. What would I do if my best friends of say 30 years finally told me they were gay or had had a one night stand with my hubbie? How would I react and would it be any different to the characters in the book? Food for thought if you truly have a great friendship going as those 3 apparently had.
I certainly couldn't imagine any man reading and enjoying this book, it's definitely a woman's book, but not all women readers would enjoy it.
LG
Was this review helpful?

Lekker lees boek
Reviewed by Unknown from Oos london, Suid Afrika on 27 September 2008
1272 of 2715 people found the following review helpful:
Ek het die boek baie geniet. Dit het iets in wat ons dalk almal in ons lewens gaan tee kom. Hier en daar is kru taal gebruik maar vir my was dit heel toelaatbaar gewees want dit het die emosies van die karakters goed vasgevang. Die karakters in die boek is allerdaagse mense, mense wat jy dalk ken, daar is hartseer wat jou laat snik en dan is daar weer stukke wat jou sommer lekker hardop laat lag.
Was this review helpful?