Short description
Lourens Erasmus, gefrustreerde motorjoernalis in sy laat 30’s, se paaie kruis toevallig met die van boekeredakteur wat hom verkeerdelik aansien vir ‘n kollega van hom – een wat kan skryf. Kort voor lank dink sy hy is die "nuwe Afrikaanse stem" wat haar lo
Long description
Lourens Erasmus, gefrustreerde motorjoernalis in sy laat 30’s, se paaie kruis toevallig met die van boekeredakteur wat hom verkeerdelik aansien vir ‘n kollega van hom – een wat kan skryf. Kort voor lank dink sy hy is die "nuwe Afrikaanse stem" wat haar loopbaan – en reputasie – weer nuwe stukrag kan gee. Teen die tyd dat sy haar fout agterkom, is dit te laat. Daarom volhard sy met die drinkende, polities-inkorrekte Lourens. Maar hy verras haar deur vorendag te kom met ‘n roman oor ‘n Stellenbosse mediese professor wat toevallig ‘n middel ontdek wat mense in staat stel om swart te word. Die boek verwek opspraak en groot konsternasie onder sy polities korrekte kollegas. En so onderneem Lourens nie net ‘n reis op soek na ‘n voltooide roman nie, maar ook na homself en sy plek in sy geboorteland.