Short description
Sy naam alleen laat haar hart vinniger klop. Leon. Leon Louw. Hy is verskriklik aantreklik en sy oe is baie blou. Sy mond is incredibly soenbaar, al het dit 'n nors trek. Shani kruis gou paaie en swaarde met die nuwe inwoner van Wilgehof.
Long description
Sy naam alleen laat haar hart vinniger klop. Leon. Leon Louw. Hy is verskriklik aantreklik en sy oe is baie blou. Sy mond is incredibly soenbaar, al het dit 'n nors trek. Shani kruis gou paaie en swaarde met die nuwe inwoner van Wilgehof. En soos gewoonlik is Rachelle gereed om in te meng, op haar eie waaghalsige, uitdagende manier. Verstommend genoeg het die goedige Ans in Japie Coetzee se kloue verstrengel geraak. Japie, wie se bloedrooi Ford Mustang met die V8-enjin die ganse Reenboogrant aan die gons het, het Dolf uitgedaag om te dice. Die ouens wat weet, se Dolf gaan stof vreet, want sy Volla is heeltemal te stadig. En al waarsku die onderwysers en die hoof hoe, kan Dolf nie die uitdaging ignoreer nie. Hy bly dink aan Ans en Japie. En die rooi Mustang met die geel vlamme. Te gou is dit die aand van die gevaarlike wedren – 'n aand wat niemand in Reenboogrant ooit sal vergeet nie.