Short description
In hierdie gids spreek sy die belangrikste kwessies aan wat ouers van pasgebore babas tot driejarige kleuters raak.
Long description
In hierdie gids spreek sy die belangrikste kwessies aan wat ouers van pasgebore babas tot driejarige kleuters raak. Die title word ingelei met 'n deurskouende blik op die baba se eerste 12 maande, wat sal verseker dat die ma met die nodige selfvertroue haar baba leer ken. Alles wat sy moontlik kan wil weet om seker te maak dat sy vir haar baba die beste wegspringplek in die lewe bied, is hier. Ouers word gewys op die fisieke en emosionele kenmerke van hul babas, sodat hulle hul werklik intiem sal leer ken. Die skrywer help hulle om meer staat te maak op hul natuurlike instinkte en gesonde verstand terwyl hulle die nuweling grootmaak. Binnekort sal hulle hul verlustig in die positiewe sy van ouerskap en hulle glad nie meer die lewe sonder die kleinding kan voorstel nie. Algemene ouerskapskwessies word in die onderskeie afdelings beskou. Die skrywer se benadering is om tradisionele en natuurlike genesing (veral homeopatie) te integreer waar daar kommer oor die gesondheid is (koliek, kindersiektes, eetprobleme, slaapversteurings, noem maar op). Sy bewapen ouers met die nodige insig om self aktief betrokke te raak by hul babas se gesondheid. Haar babasorgboek bied waarskynlik dié mees praktiese, holistiese benadering tot kindergesondheid ooit. Naas die besonder waardevolle afdeling oor bors- en bottelvoeding, is daar 'n uitgebreide afdeling oor baba- en kleutervoeding met resepte vir maaltye en peuselhappies en tydige inligting oor bymiddels. Roetine, dissipline, reis met babas en kleuters, slaap, dagsorg - al die ouers se vrae word aangespreek.