Short description
Jou kind se taalontwikkeling hang amper volkome van jou af. Al wat jy moet doen om dit te bevorder, is om van geboorte af by elke moontlike geleentheid met hom te praat. Kinders leer deur speel, en skoolgereedheid kan tuis bevorder word deur te sorg dat jou kleingoed genoeg speel, en reg speel.
Long description
Jou kind se taalontwikkeling hang amper volkome van jou af. Al wat jy moet doen om dit te bevorder, is om van geboorte af by elke moontlike geleentheid met hom te praat. Kinders leer deur speel, en skoolgereedheid kan tuis bevorder word deur te sorg dat jou kleingoed genoeg speel, en reg speel. Hierdie titel lei jou om deur spel jou kind se taalvermoe en leervaardighede te ontwikkel, sy natuurlike nuuskierigheid, energie en entoesiasme te kanaliseer en vir hom geleenthede te skep vir die bevordering van selfvertroue, sosiale en emosionele groei, koordinasie en probleemoplossingsvaardighede.
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

Handboek vir kinders grootmaak
Reviewed by Susanne from Ceres on 30 June 2010
66 of 145 people found the following review helpful:
Ek is 'n pre-primere onderwyseres en ek reken as kinders met 'n handleiding kon kom, dan is dit hierdie boek! Elke nuwe mamma MOET eenvoudig hierdie boek bestudeer. Die oulike wenke en oefeninge is prakties uitvoerbaar, goedkoop en maklik om met jou kleinding te doen en sodoende kan jy van elke oomblik saam met jou kind, 'n leergeleentheid maak.
Was this review helpful?