Tamara (1899 – 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek?
Die Davelvroue-reeks, wat in 2006 verskyn het, word nou heruitgegee op aandrag van lesers.
Benewens die kwessie van vroue se bemagtiging, spreek Die Davelvroue ook eg Suid-Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse geskiedkundige kwessies op subtiele wyse aan, alhoewel die genre steeds fokus op vroue se belewing van die liefde.
Met hierdie konsep volg Chanette Paul die wel en weë van die mooi, maar wederstrewige Davelvroue van 1899 af tot en met 1938. Elkeen voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die geskiedkundige tydperk