Short description
Die toetsreeks is verby en ’n wonderlike langnaweek by die see lê vir Thomas-hulle voor. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek ’n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis wat reguit lei na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar, Sharky Fortuin; sy beste vriend, Hannes, gedra hom skielik soos ’n alien en hy betrap vir Alexandra en Lukas saam op ’n afgeleë plek tussen die rotse - en dit terwyl Lukas weet dat Thomas mal is oor haar!
Long description
Thomas is op die punt om 'n TV-ster te word. Hy het 'n rol losgeslaan in die gewilde sepie Die Malans van Marthaheim, en sy mede-ster is niemand anders nie as die sexy blondekop Fleur Vermaak. Gelukkig is Alex, Thomas se meisie, nie die jaloerse tipe nie. Maar dit lyk asof iemand anders op die stel sy mes vir Thomas inhet. 'n Baksteen met 'n briefie word deur Thomas-hulle se glasdeur gegooi. Die woorde daarop lui: BLY WEG VAN MALANS VAN MARTHAHEIM. JY'T NIKS DAAR VERLOOR NIE.