Short description
Wanneer het die mens begin droom en geweet hy droom? Vermoedelik het ons reeds voor die ontwikkeling van taal in beelde en simbole gedroom. Baie van ons drome is nog steeds in daardie vorm. Dit moet as 't ware vertaal word sodat ons dit beter kan verstaan
Long description
Wanneer het die mens begin droom en geweet hy droom? Vermoedelik het ons reeds voor die ontwikkeling van taal in beelde en simbole gedroom. Baie van ons drome is nog steeds in daardie vorm. Dit moet as 't ware vertaal word sodat ons dit beter kan verstaan. Perde en huisdiere droom maar kan hulle drome nie in woorde beskryf nie. Wat droom hulle? Vandag lewe die mens meer bewustelik en kan weet wat hy droom; ons het wesens geword met 'n bewussyn wat bewus geword het van 'n onbewuste. Ons kan leer om drome beter te onthou, neer te skryf en te verstaan. In 'n individu se lewe – van die wieg tot die graf – is die proses van bewuswording gedurig aan die gang. Drome kan belangrike inligting en rigtingwysers bevat om ons te help. Ons kan almal meer vertroud raak met daardie drome wat uit die onbewuste opkom en vir elkeen 'n persoonlike boodskap aan jouself is. Soos 'n sms of 'n e-pos! Begryp jy die intieme boodskap wat jy aan jouself gestuur het? Leer om die kode te ontsyfer.