Short description
Versamelde gedigte: NP van Wyk Louw is ‘n heruitgawe van die oorspronklike publikasie in 1981, ter viering van dié grootse digter se geboorte 75 jaar tevore. Die versamelbundel sluit in al sy vorige digbundels, naamlik Alleenspraak, Die halwe kring, Gestaltes en diere, Nuwe verse en Tristia, asook vyf nagelate verse.