Short description
As die Springbokspan-speler met die grootste aantal verskynings ooit, is Victor Matfield ’n
nasionale held met voortreflike spel oor provinsiale grense heen en geniet hy die guns van
aanhangers regoor die wêreld. Sy rugby-prestasies en kordaatstukke is talryk: hy was deel
van die span wat die 2007 Rugby-Wêreldbeker gewen het, hy het die Bokke twee Drienasiestoernooie
help wen, hy het drie keer die Super 14-trofee saam met die Bulle omhoog gehou,
en hy het Curriebeker-glorie gesmaak.