Short description
Gary Chapman het tot die gevolgtrekking gekom dat die liefde hoofsaaklik vyf tale praat. Kom ontdek jou eie liefdestaal asook dié van jou maat en jy sal verstom staan oor die verandering wat dit in jou verhouding kan teweegbring. Dis ’n boek wat lewenslange impak op jou verhouding met jou maat sal maak.
Long description
Die behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn gewortel. Tydskrifte publiseer artikels oor hoe om die liefde in die huwelik lewend te hou. Daar is talle boeke oor die onderwerp beskikbaar, en TV en radio saai dikwels programme daaroor uit. Om die liefde in ons huwelik lewend te hou is ’n baie ernstige saak. Soms gebeur dit tog dat ons begin voel die liefde het verflou of selfs verdwyn. Doktor Gary Chapman het tot die gevolgtrekking gekom dat mense liefde op verskillende maniere bewys en ervaar. As jy jou liefde op ’n manier uitdruk wat jou maat nie verstaan nie, gaan hy of sy nie besef wat jy besig is om te doen nie. Hierdie boek bespreek die vyf tale van die liefde en help die leser om sy eie taal asook die van sy maat te identifiseer. Kom ontdek hoe om jou liefde op die regte manier te kommunikeer en die romanse sal van nuuts af in jou huwelik blom.
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

Vyf tale van die liefde
Reviewed by Ansie from Oos-Londen on 30 November 2012
3 of 13 people found the following review helpful:
Nog besig om te lees, en sal aanbeveel vir elke huwelikspaartjie om dit te lees.
Was this review helpful?