Short description
Joyce Meyer se kennis, insig en ervaring help lesers verstaan waarom die lewe soms soos 'n opdraande stryd voel.
Long description
Joyce Meyer se kennis, insig en ervaring help lesers verstaan waarom die lewe soms soos 'n opdraande stryd voel. Dit leer hulle waar gevoelens soos kommer, twyfel, depressie, woede en veroordeling vandaan kom, en bied aan hulle die sleutel om die oorwinning te behaal waar dit saak maak - in hulle gedagtewereld. Meyer praat openhartig oor haar eie mislukkings en die pad wat sy moes stap om te kom waar sy nou is. Wen die stryd in jou gedagtes se uitgebreide uitgawe is maklik om te lees en bevat fundamentele waarhede om toegang te verkry tot die nuwe lewe wat aan ons gebied word deur ons verhouding met Christus. Daar is nuwe materiaal ingevoeg wat verdere studie en insigte sedert die boek aanvanklik uitgegee is, weerspieel. Meyer het ook nuwe voorbeelde ingesluit van wat God gedoen het in situasies wat sy in die eerste uitgawe van die boek bespreek het. Hierdie boek sal jou lewe verander – dit bevat 'n kragtige, Bybels-gefundeerde boodskap wat jou sal wys hoe om 'n lewe van oorwinning te lei.