Write a review for this product.
Rate this product.

Konsternasie
Reviewed by Allison on 18 June 2010
58 of 101 people found the following review helpful:
Zackie Mostert van Granaatstraat is nie jou gewone elfjarige nie. Zackie en sy boesemvriend, Vincent, kikker hul saai Gr 5-skoollewe op – en jaag Zackie se suster, Yolanda, die hoenders in – met behulp van hul verbeelding, die boek van Vreeslike Vreemde Feite (en ‘n bietjie geluk).
Teen willens en wetens word Zackie gekies as die ster in ‘n musiekblyspel, wat sy klas opvoer vir ‘n ryk ou tante wat geld vir die skool sal skenk. Maar niemand sê vir hom dat sy karakter die feëprinses aan die einde van die opvoering moet soen nie. En dan gee Anton Meyer, daardie opperste boelie, hom ook nog opdraande.
Hoe gaan Zackie hom uit hierdie petalje wikkel? Beskik hy dalk oor talente waarvan nie hy, of iemand in sy gesin, geweet het nie?
Geskik vir ouderdom 11+.
Was this review helpful?