Short description
'n Engel in my huis is 'n keur uit sketse wat in Die Burger verskyn het.
Long description
Wat is dan met my dat ek alewig opsoek is na 'n huis? vra Riana Scheepers in een van die sketse van hierdie bundel. Oral waar sy reis, is sy alewig op soek na 'n huis wat sy kan koop, al is dit net met die oë.
En dan stel sy voor hoe so 'n huis bewoon kan word, of dit nou 'n herehuis in Ierland is of 'n Karoohuisie in Loxton, 'n trappiesgewelhuis of 'n skuur naby Malmesbury. Of les bes die liefste huis van almal: haar eenvoudige vissershuisie aan die Weskus.
Vir Scheepers is huise die hulsels waarin en waaruit gelewe word, waar mense mekaar ontmoet, waar kosbaarhede versamel word, waar gul maaltye berei word, maar ook vanwaar paaie na ver plekke aangedurf kan word, vanwaar jy beweeg om ander te ontmoet.