Short description
Ek weet baie goed hoe dit voel om in die bank te sit met 'n gebroke hart. Jare lank het ek in die kerk gesit met al my vrees, twyfel en teleurstelling en gedink ek was al wat so gevoel het.
Long description
Ek weet baie goed hoe dit voel om in die bank te sit met 'n gebroke hart. Jare lank het ek in die kerk gesit met al my vrees, twyfel en teleurstelling en gedink ek was al wat so gevoel het. Diegene om my het gelyk of hulle alles uitgepluis het. Hulle het so "geestelik" voorgekom. Het hulle nie ook soos ek geworstel nie? Was ek al een wie se drome aan skerwe gele het? Was ek die enigste een wat verbrou het? Was ek die enigste een wat terneergedruk en hopeloos gevoel het? Ten einde myself te beskerm en te probeer inpas, het ek my tekortkomings weggesteek en nie eers gewaag om my gebreke te fluister nie. Ek het hard daaraan gewerk om die indruk te wek dat my lewe netjies en ordelik was. Ek het taal en lyftaal goed geken – en ek het daarmee weggekom. Baie min het die waarheid geken of selfs net vermoed. Maar ek was mislik. Stap deur die bladsye van hierdie title en kry genesing en troos in die arms van die Here, wat jou nooit sal verwerp nie. Die Here sal jou nie alleen laat nie. Hy is nie soos die mense wat jou in die steek gelaat het nie. Hy gooi nooit sy arms in die lug op en stap weg nie. Sy liefde vir jou hou nooit op nie.